Dokumente & Brosjures
   

IS DAAR MEER AS NET BLARE IN ONS LEWENS.docx

Liewe Vriende.

Ons sit almal met die probleem dat ons onder inperking lewe.

Dit beteken dat ons nie dienste in ons kerkgebou mag hou nie.

Aangeheg is die boodskap wat Ds Hennie vir verlede Sondag gegee.

Geniet die boodskap en weet DIE HERE IS IN BEHEER.

Bly warm en hou julle veilig.

Shawn Small


Bygevoeg: 2021-07-06 11:24

Potterbakker maak n predikant van n koolkop.docx

Jesaja 64:8 (NAV)

"U is ons Vader, HERE, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van U hande."

Hierdie stukkie is die persoonlike getuienis van Ds Hennie waar die Here hom geskape en en hom vir Sy diens gevorm en gelei her.

Lekker week vir almal.

Groete

Shawn


Bygevoeg: 2021-07-10 17:00
 

Wat moet die NG Kerk nou doen.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is 'n brief van die NG Kerk Algemene Sinode se Dag wat uitgereik is tydens die onluste en die Covid-19  Pandemie.

As lidmate van die NG Kerk weet ons nie altyd wat om te se of te doen nie. Ons is ook nie altyd op hoogte met wat die Sinode ens gese word of gebeur nie. Hierdie brief stel hulle kant van die saak wat ook vir ons 'n voorbeeld is.

Liefdegroete in Jesus se Naam.

Shawn


Bygevoeg: 2021-07-17 16:35

Diens 18 Julie 2021.doc

Liewe Vriende

Aangeheg is Ds Hennie se preek vir more Sondag 18 Julie 2021.Omdat ons nog nie dienste in ons kerk gebou mag hou nie, het Ds Hennie sy preke vir my gegee om hier te plaas. Julle kan dit hier weer en weer lees.

Ek bid julle God se genade en vrede toe. Amen

Mooi Sondag in Jesus se Almagtige Naam.

Shawn


Bygevoeg: 2021-07-17 16:40
 

Diens 25 Julie 2021.doc

Liewe Vriende.

Nog 'n week is verby en Ds Hennie se preke is hier aangeheg.

Dit was 'n week waar ons meer mense aan Covid 19 verloor het.

Ons het ook mense verloor aan ander siektes.

Met Covid 19 voor in ons gedates vergeet ons dat daar ook ander siektes is en dat ons familie en vriende ook met ander siektes na ons Hemelse Vader huis toe gaan.

Armand de Jongh is 18 Julie 2021 oorlede aan Covid. Sy herinneerings diens vind 27 Julie 2021 plaas uit die NG Kerk Benoni Oos.

Hannes Small wat ons gemeente was en verhuis het Louis Trichart toe is 24 Julie 2021 aan 'n natuurlike oorsaak oorlede.

Ons harte gaan uit na die familie en vriende van die geliefdes. Ons weet dat ons Hemelse Vader hulle sal vashou en hulle trane afdroog. Ons dien 'n Almagtige God.

Ons het op 'n Woensdag aand 'n Whats App Bybelstudie groep en ons behandel die dissipelskap boekie "Om God se liefde uit te lewe." As iemand belangstel kontak my gerus dan sit ek jou naam op vir interesante gesprek.

Ons Hemelse Vader,

Ons dank U vir U liefde en genade en weet U is in beheer en sal vir ons sorg. Dankie dat U ons sonde vergewe. U het U Seun geoffer as die grootste offer om ons te red.

Dankie dat U vir alles sorg wat ons nodog het bede liggaam en siel.

U weet wat ons nodig het ons weet. U is al daar en weet wat daar vir ons wag. Dankie.

Dankie dat U ons beskerm teen die bose magte.

Dankie dat U die Groot Geneesheer is. Dankie dat U genees en die pyn stil.

Hou ons vas in die week wat voor ons lê.

U liefde en genade is Alomteenwoordig.

Gee ons asseblief vrede in die Naam van Jesus Christus. 

Amen.

 

 


Bygevoeg: 2021-07-24 17:08

Psalm 3 01 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende.

Hier is Ds Hennie se preek vir Sondag 01 Augustus 2021.

More die 1ste Augustus hervat ons dienste weer na meer as 'n maand van inperking en nadat baie van ons gemeentelede  teen Covid 19 bajlei het.

Ons is ons Hemelse Vader baie danknverskuldig dat ons veilig deur dit gekom het.

Ons dank Hom ook dat ons weer bymeiaar kan kom om in Sy huis om Hom te aanbid.

Ons Gemente blad Die Koerkoer asook ons Siekeboeg, ons weeklikse Lag 'n Slag en Resep, ons Gebedskoepon vir die week is ook op die webblad beskikbaar.

Ons het geen verjaarsdae die week . Ons het wel een huweliks herdenking en ons se vir vir Johann en Cecelia de Beer  baie geluk met hulle 40ste huweliks herdenking.

Mag ons Hemelse Vader hulle met nog baie jare saam seen.

Geniet die week en mooi loop min Jesus se Naam.

Groete Shawn


Bygevoeg: 2021-07-31 15:24
 

Koerkoer 01 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is ons Koerkoer vanaf 01 Augustus tot 07 Augustus 2021


Bygevoeg: 2021-07-31 15:28

Resep 01 Augustus 2021.docx

Aangeheg is ons weeklikse resep en ons Lag 'n Slag


Bygevoeg: 2021-07-31 15:29
 

Siekeboeg 01 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende,

Aangeheg is ons Siekeboeg Lys.

Ons vra dat almal asseblief vir ons vriende en familie wie se name op die lys is sal bid.

Bid ook asseblief vir almal wat deur die Covid Pandemie geraak is. In watter opsig ookal of dit iemand wat siek is of mense wie iemand verloor het. Ons Vader hou elkeen vas en droog hulle trane af.

Bid ook vir die medisiese personeel wat die mense versorg.

Bid vir ons  land wat daaronder gebuk gaan.

Mag ons Hemelse Vader elkeen wat Sy Naam aanroep seen en vashou.

Liefde

Shawn

 


Bygevoeg: 2021-07-31 15:40

Psalm 13 08 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende.

Nog 'n week het ten einde gekom.

Maandag is Vrouedag en ek wens elke vrou 'n mooi dag in Jesus se Naam. Hy het ons geskep en ons is dankbaar dat Hy dit gedoen het.  Ons dank Hom vir Sy liefde en genade vir ons.

Aangeheg is die preek vir Sondag 13 Augustus 2021

Dit is dieselfde een wat Ds Hennie in die kerk preek.

Ons besef dat met Covid nie almal gemaklik is om die kerk diens by te woon nie.

Met tegnoligie bring ons dit na julle toe.

Die Here is nie gebind aan tyd of plek nie daarom kan ons mense bereik wat normal weg vanweë omstandighede nie die diens kan bywoon nie.

Daar is ook ons Resep, Lag 'n Slag, Siekeboeg waar ons vir mense wat siek is nie net van Covid nie maar ander toestande kan bid. Ook ons bid koepon is beskikbaar vir gebed.

Ek plaas ook ons Woordsoek wat van hoofstukke of verse in die Bybel opgestel is. Laai hom af of druk dit dan kan julle dit doen. Ek gebruik gewoonlik die week se boodskap om dit op te stel

Ons nuusbrief Die Koerkoer is ook onder nuusbriewe beskikbaar.

Baie dankie aan almal wat ons Webwerf besoek.

Ek bid almal 'n week van liefde, genade en vrede toe.

Liefde

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-07 12:10
 

Siekeboeg 08 Augustus 2021.docx

Aangeheg s die siekeboeg se lys.

Bid asseblief vir elkeen daarop. Elke persoon gebed nodig.

Ons Here luister na elke gebed wat ons opstuur na Hom toe.

Mooi Dag 

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-07 12:15

Lag n Slag 08 Augustus 2021.docx

Aangeheg is die Resp en die Lag 'n Slag.

Die respte is gewoonlik resepte wat getoets is.

Geniet hulle.

Mooi week vir almal

Shawn.

 

 


Bygevoeg: 2021-08-07 12:27
 

Woordsoek Psalm 13.xlsx

Aangeheg is die Woordsoek

Die week is dit Psalm 13 1-6

Druk dit en geniet dit.

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-07 12:29

Benoni Oos Afkondigings 15 Augustus 2021.doc

Liewe Vriende.

Aangeheg is die afkondigings vir die week.

Dit het ook die siekeboeg se name daarop. Bid asseblief vir hulle. Daar is mense met Covid maar ook mense met ander kwale. Ons vertroue is in die Here was die Groot Geneesheer is.

Die week se verjaarsdae is 17 Augustus - Fanie Bothma en Marie Strydom. die 19 Augustus is Ellen Jooste. Baie geluk aan almal. Die Here se rykste seen vir die lewensjaar wat voorle.

Omdat die Covid is al ons werksaamhede nog nie aan die gang nie.

As iemand iets wil weet kontak my asseblief op  066 219 1355

Mooi week vir almal en baie liefde

Shawn.

 


Bygevoeg: 2021-08-14 16:43
 

Lag n Slag 15 Augustus 2021.docx

Vriende.

hierdie week se Lag 'n Slag en resep is aangeheg.

Die resep is getoets deur Mwah en julle kan dit gerus uit toets. Geniet dit.

Mooi week wat voorle.

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-14 16:47

Woordsoek Psalm 23 .xlsx

Vriende

Hierdie week se Woordsoek is nou beskiikbaar vir julle om te uit te druk.

Ek gebruik die preek van die Sondag om dit uit te werk.

As julle die Psalm lees sal julle agterkom amper elke woord in die Psalm word in die Woordsoek gebruik.

Ek geniet dit om dit op te stel. Hoop julle geniet dit om dit te doen.

 

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-14 16:52
 

Diens 15 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende.

Vandag se preek is uit Psalm 23. 

Baie keer word die eerste verse van Psalm 23 uitgele. Vandag gesels Ds Hennie oor verse 5-6. 

Die nuwe week le voor ons en soos die Digter Dawid in Psalm 23 se 'Die Here is my Herder. Ek sal niks kortkom nie."

Dit is 'n belofte van God ons Vader aan sy kinders. Hy sorg altyd. "What an awesome God we serve." Gryp God se belofte vir jouself vir die week. God is klaar daar om vir ons die pad gelyk te maak.

Geniet dit.

Mooi week in Jesus se Almagtige Naam.

Shawn

A

 

 

 


Bygevoeg: 2021-08-14 17:14

Diens 22 Augustus 2021 Psalm 33.docx
Bygevoeg: 2021-08-21 17:31
 

Diens 22 Augustus 2021 Psalm 33.docx

Liewe Vriende.

Vandag se preek Psalm 33: 1-22 Is aangeheg.

Dit is die skriftelike weergawe van die diens in die kerk. Die diens word deur Ds Hennie waargeneem.

Ons sê vir Ds Hennie baie dankie vir die preek.

Mag die liefde en vrede met julle wees in die week wat voorlê.

Liefde

Shawn

 


Bygevoeg: 2021-08-21 17:39

Afkondigings 22 Augustus 2021.doc

Vriende

Die afkondigings vir die week is aangeheg

Mooi loop

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-21 17:41
 

Resep en Lang n Slag 22 Augustus 2021.docx

Liewe vriende.

Aangeheg is ons resep en ons Lag 'n Slag vir vandag.

Geniet albei.

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-21 17:43

Woordsoek Psalm 33.xlsx

Vriende.

Ons Woordsoek vir 22 Augustus aan geheg.

As julle een wil hê wat  nie op die Webwerf is kontak my en ek sal vir julle per epos stuur.

Lekker week

Shawn.


Bygevoeg: 2021-08-21 17:45
 

Erediens 29 Augustus 2021.docx

Liewe Vriende,

Aangeheg is Ds Henne se preek vir Sondag 29 Augustus 2021.

Ds Hennie se preek is uit Psalm 43.

Lekker week vir almal

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-28 14:40

Lag n Slag 29 Augustus 2021.docx

Aangeheg is die resep vir die week sowel as die grappies.

Die resep is getoets en baie lekker vervrissend. Ek het net hoender by gesien en dit 'n een dis maaltyd gemaak.

Groete

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-28 14:43
 

Woordsoek 29 Augustus 2021.xlsx

Aangeheg is die Woordsoek vir die week. 

Die woorde kom uit Psalm 43 en omtrent elke woord is gebruik vir die woordsoek.

Geniet dit.

Shawn


Bygevoeg: 2021-08-28 14:45

Kerksaal te Huur

                                                             TE HUUR

Die Kerksaal van die NG Kerk Benoni Oos.

2 Kerk Straat

Putfontein.

1513

Die saal kan 200 - 300 mense vat.

Daar is badkamers, verhoog, kombuis en ingangs portaal wat as ontvangs gebgruik kan word.

Kontaks asseblief vir Shawn op 066 219 1355 vie verdere inligting.

 


Bygevoeg: 2021-08-30 11:53
 

Eredien 05 September 2021 Psalm 53.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is Ds Hennie se preek uit Psalm 53 vir 05 September 2021

Geniet dit

Shawn.


Bygevoeg: 2021-09-04 19:40

Resep en Lag n Slag.docx

Aangeheg is die resep en lag 'n slag.

Lekker saam lag.

Mooi week vir almal.

Shawn


Bygevoeg: 2021-09-04 19:42
 

Psalm 63 19 Septemeber 2021.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is Sondag 19 September 2021 se preek.

Liefde

Shawn


Bygevoeg: 2021-09-20 12:58

Lagn Slag 19 September 2021.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is die resep en lag 'n slag vir 19 September 2021. 

Liefde

Shawn.

 

 


Bygevoeg: 2021-09-20 13:07
 

Psalm 73 26 September 2021.docx

Liewe Vriende.

Aangeheg is Ds Hennie se preek vir 26 Septemeber 2021. Die preek was ongelooflik en baie inspirerend.

Genet dit en ook die week.

Mooiu loop in Jesus se voetspore.

Shawn.

 


Bygevoeg: 2021-09-27 09:33

Resep en Lag n Slag 26 Septemeber 2021.docx

Hier is die resep en Lag 'n Slag vir die week.

Mooi week vir elkeen.

Shawn


Bygevoeg: 2021-09-27 09:36
 

10 40 Venster Gebed

Die 10/40 venster is die strook tussen die 10 en 40 grade breedte noord van die ewenaar en die mees onbereikte lande/volke in hierdie strook.

Oktober maand is die maand waarin daar vir lande binne die strook gebid word. Ons sal elke dag bietjie inligting oor 2 van die lande gee en gebedspunte daarby.

Bid asseblief saam vir:

MAURITANIE:

Bevolking is 4.1 miljoen, hoofsaaklik Moslems, met net 0.03% Christene. Dit is een van die armste Arabiese lande and 20ste op die vervolgings lys. Bid dat die handjievol gelowiges die Evangelie met medelandburgers sal deel.

INDIE:

Bevolking 1.3 Biljoen hoofsaaklik Hindoes met net 2.2% Christene.

Dis die land met die tweede grooste bevolking in die wêreld  en is 10de op die bevolking lys. Al is dit hoofsaaklik 'n hindoeland het dit die 2de grootste Moslem bevolking in die wêreld.

Baie van die state in Indië het antibekerings-wetgewing ingestel, met ander woorde dis teen die wet om jouself tot 'n ander godsdiens te bekeer. Christene is onder groot druk om na die Hindoe godsdiens terug te keer.

Bid dat Christene sterk sal staan te midde van druk wat op hulle geplaas word en die vervolging wat hulle ervaar. 

Bid dat hulle geloof en liefde Hindoes en Moslems en Sikhs sal trek

Amen


Bygevoeg: 2021-10-02 11:27

Mattheus 28 1620.docx

Liewe Vriende.

Gister was Sending Sondag in ons gemeente en Ds Hennie het uit Mattheuooi week

Shawn


Bygevoeg: 2021-10-11 09:01
 

Lag n Slag 03 Oktober 2021.docx
Bygevoeg: 2021-10-11 09:02

Lag n Slag 10 Oktober 2021.docx

Liewe Vriende.

Lag 'n Slag vir 10 Oktober is aangeheg.

Geniet dit.

Shawn


Bygevoeg: 2021-10-11 09:04
 

Afkondigings 10 Oktober 2021.doc

Môre Vriende.

Aangeheg is Sondag 10 Oktober 2021 se Afkondigings

Mooi week 

Shawn


Bygevoeg: 2021-10-11 09:06

1040 Venster 04 Oktober 2021

04 Oktober 2021

Liewe Vriende.

Die twee lande vir gebed is:

JAPAN

Bevolking - 126.3 Miljoen

Godsdiens Shintoisme and Boeddhisme.

Christene 2.2%

Die land bestaan uit 6 852 eilande. Dis die wêreld se 3rde grootste ekonomie. 70% van die bevolking het geen godsdiens nie alhoewel hulle hul met Shintoisme of Boeddhisme vereenselwig. Sommige sending organisasies het hulle fokus verskuf na die platteland.

GEBED:

Roep  die Here aan vir plekke in Japan waar daar geen kerk is nie. Dat God dit sal verander.

Jesus, ons vra U om Uself aan baie Japanese te openbaar, hul harte aan te raak, hul oë te open en hulle tot geloof in U te bring.

 

GUINEË BISSAU

Bevoling 1.9 Miljoen.

Godsdiens Moslems

Christene 11.5%

Dit is een van die wêreld se armste lande. Onwettige dwelmhandel groei onbeperk, omdat die land geen kuseg het nie en die polisie  geen voertuie het nie.

 

Gebed.

Bid dat die HERE die land sal beskerm teen radikale Islam.

Bid dat die mense wat sê dat hulle Christene is vevul sal word met die Heilige Gees.

Here raak hulle verharde harte aan, die wat dink dat hulle U nie nodig het nie en gee dat hulle Jesus as Verlosser sal aanneem..


Bygevoeg: 2021-10-11 09:37
 

1040 Gebedspunte 05 Oktober 2021

05 Oktober 2021

AFGANISTAN:

Bevolking: 39.6  Miljoen.

Godsdiens: Moslems.

Christene: 0

In Augustus die jaar is die land deur die Taliban oorgeneem na 'n oorlog staat van 20 jaar.

Die vryheid wat veral vroue in hierdie 21 jaar verkry het word nou tot niet gemaak en die mense van die land word al meer onderdruk en onder Sharia wette ( baie streng Moslem wette) onderwerp.

Gebed:

Bid vir 'n einde aan terrorisme en geweld

Bid vir 'n einde aan dwelm handel.

(Daar word papawers geplant waaruit kokaine vervaardig word)

Bid vir 'n einde aan geslags diskriminasie.

Bid dat Jesus Homself aan hierdie mense sal openbaar, deur drome en visioene en veral aan die Taliban.

 

BAHRAIN

Bevolking 1.7 Miljoen

Godsdiens Moslems - 8.3%

Chistene (waaronder baie buitelandse werkers is)

Die land bestaan uit 83 eilande. Die land is bekend vir sy perelvissery.

Die land het sy onafhanklikheid van Brittanje in 1971 verkry.

Gedurende die Arabiese lente het die land ook opstande ervaar.

 

Gebed:

Bid vir vryheid van spraak.

Bid vir godsdiensvryheid.

Bid dat Jesus Homself aan hierdie mense sal openbaar deur drome en visione. 

AMEN. 


Bygevoeg: 2021-10-11 09:38

Psalm 83 24 Oktober 2021.docx

Liewe Vriende

Ds Hennie se preek vir Sondag 24 Oktober 2021 is aangeheg.

Mooi week vir almal

Shawn.


Bygevoeg: 2021-10-25 17:03
 

Lagn Slag 24 Oktober

Aangeheg is die Lag 'n Slag en resep.

Toets die resep gerus.

Baie lekker

Shawn


Bygevoeg: 2021-10-25 17:13

Afkondigings 13 Februarie 2022.doc

Aangeheg is die afkondigings vir die week. Sondag 13 Feb 2022 - 19 Februarie 2022

Mooi week vir almal.

Shawn


Bygevoeg: 2022-02-15 09:27
 

Lag n Slag 13 Februarie 2022.docx

lekker resep en grappies vir die week.


Bygevoeg: 2022-02-15 10:42

Preek 13 Februarie 2022.docx

Hier is Ds Hennie se preek oor die doop en die besnydenis. - Genesis 17:1-11

Mooi loop die week.

Shawn


Bygevoeg: 2022-02-15 10:45